Oor Ons

Duine-Oord het sewe selfsorgeenhede onder die bestuur van die ATKB ( Afrikaanse Taal en Kultuurbond Namibië ). Elke eenheid bestaan uit twee slaapkamers, ‘n oopplan kombuis en sitkamertwee badkamers, n' binne braai, n'stoep asook ‘n motorhuis.
 
Die eenhede is in ‘n veilige perseel. ‘n Voertuig is veilig al word dit buite die eenheid geparkeer. Dit is ook veilig vir kinders om binne die perseel te speel.
 
Duine-Oord is geleë in Omaparara Straat in Oceanview, Swakopmund. Die strand is 10 minute se kar ry van Duine-Oord af.
 
Swakopmund as een van Namibië se hoof kusdorpe, is ryk aan geskiedenis en die ideale dorp om van Namibië se beste restaurante te besoek, asook ‘n verskeidenheid aktiwiteite te onderneem. Die dorp spog ook met sy gasvryheid om sommer almal welkom te laat voel.
 
Swakopmund is die ideale oord vir aktiwiteite soos vierwielmotorfietsry in die duine, duinplankry, valskermspring, skilderagtige vlugte, Sandvis Hawe Vleilandtoere, woestyntoere, visvang, kameelritte, ens.
 
Moenie lank wag nie, bespreek nou by Duine-Oord en kom besoek die asemrowende Swakopmund waar jy ‘n onvergeetlike vakansie kan geniet.

Akkommodasie

Duine-Oord geleë in Swakopmund bied die ideale verblyf vir jou en jou  gesin vir ‘n onvergeetlike vakansie by die see.
 
Die grootste voordeel van Duine-Oord is, dat jy per eenheid bespreek en betaal en nie per persoon nie. Tot 6 persone kan in ‘n eenheid bly.
 
Elke eenheid is toegerus met alles wat jy sal benodig vir jou verblyf. Die kombuis is toegerus met ‘n 4 plaat stoof, vrieskas, yskas, opwasbak, mikrogolf, broodrooster en genoeg sitplek by die toonbank vir 6 mense. Breekware, eetgerei en potte en panne is ook beskikbaar.
 
Die sitkamer is toegerus met ‘n dubbele sitbank asook 2 enkel sitbanke. DSTV is ook beskikbaar.
 
Die hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed, ingeboude kaste met genoeg spasie vir jou klere en persoonlike besittings. Die tweede slaapkamer het twee enkel beddens en kan dus benut word vir twee kinders of twee volwassenes. Die kamers is voorsien met linne. Hand- en strandhanddoeke moet self voorsien word.
 
Die badkamer is geleë tussen die twee slaapkamers en bestaan uit ‘n bad, ‘n stort, ‘n toilet en ‘n wasbak.
 
Een voertuig kan veilig in die motorhuis geparkeer word, wat direk aan die eenheid gekoppel is, en die voertuig teen wind en nat weer beskerm.
 
Die eenheid is ook ingerig met ‘n buite braai , vir ‘n heerlike braai in die aand of sommer net ‘n gesellige kuier saam met familie en vriende.
 
As jy opsoek is na gerieflike en bekostigbare selfsorgverblyf in Swakopmund, dan is Duine-Oord die ideale oord vir ‘n ontspannende vakansie.
 
Klik op die skakel aan die regterkant, om die aansoekvorm vir verblyf te verkry.  Druk die vorm uit, vul dit in en stuur per e-pos of faks aan die kontakbesonderhede  aan die onderkant van die bladsy.

Virtuele Tour

Lidmaatskap

Lidmaatskap van die ATKB kan by die kontakbesonderhede onder aan die bladsy verkry word.

Vennote

Die organisasies en besighede hieronder is vennote van die ATKB. Besoek gerus hulle webtuistes om meer oor hulle uit te vind deur op die skakel hier onder te klik.



              Destination Swakopmund

 

Gallery

Hier ‘n paar fotos van ons eenhede en sien presies wat jy kan verwag. Ook ‘n paar fotos van die asemrowende dorp van Swakopmund waar Duine-Oord geleë is.

Kontak ons


Duine-Oord Resort Swakopmund
Omaparara Street, Swakopmund
PO Box 2707, Windhoek
Namibia
TEL:  +264 81 272 7590
FAX : +264 61 294 7870

E-mail: reservations@duine-oord.com 

Managing Director: C. Horn / Financial Director: J. G. Louwrens /
Director Marketing:  B. Ahrens
* Required fields

 
© 2017 I Website & Virtual Tours by CWellMedia